Risikobestuursbeleid

RISIKOBESTUURSBELEID 

Oktober 2019 

Waarom ‘n beleid? 

Dit is moeilik om GGBR-aktiwiteite te identifiseer wat nie aan die een of ander vorm en vlak  van risiko gekoppel is nie. In werklikheid, om kreatief en innoverend te wees, moet GGBR projekte en -verhoudings dikwels berekende risiko’s te neem. Die doelwit van hierdie beleid  is dus om vas te stel hoe die Direksie risiko benader en om te kommunikeer wanneer  personeel die Hoof Uitvoerende Beampte of die Direksie moet raadpleeg voordat hulle  aktiwiteite onderneem wat die GGBR kan benadeel. Om later toestemming te vra, is nie ‘n  aanvaarbare manier om dinge te doen nie. 

Risikobestuur 

Risikobestuur is die proses om risiko’s te identifiseer, te evalueer en te beheer. Die GGBR  vermy nie risiko nie, maar is risikosensitief. Risiko’s kan onder die volgende opskrifte  geklassifiseer en hersien word en deur die lens van die organisasie se strategiese doelwitte oorweeg word. 

Bestuur 

Is die samestelling van die GGBR se bestuursmaatreëls, -vaardighede en -dokumente  voldoende om bedag te wees op risiko’s? 

Ekstern 

Waarop is die reputasie van die GGBR gegrond en waarvoor is dit sensitief? Hoe kan  veranderings in regeringsbeleid die GGBR se vermoë beïnvloed om sy doelwitte te  bereik? 

Regulatories 

Waar bestaan daar ‘n risiko dat nie-nakoming van wetgewing reputasie en finansies  skade sal berokken? 

Finansieel 

Hoe kwesbaar is die finansies van die GCBR vir beëindiging – afhanklikheid van  befondsers, onvoldoende reserwes, potensiaal vir bedrog, ens? 

Operasioneel 

Is die organisasie se kultuur bevorderlik vir sinvolle risiko-innovasie? Maak die  organisatoriese opset goeie en tydige kommunikasie oor projekprosesse en uitdagings  moontlik? Projekteer die personeel, hul rolle en aanleg vertroue in hul vermoë om  risiko’s te beoordeel vir die besluite wat hulle neem, die verhoudings waarop hulle  staatmaak en wat hulle prakties doen?

Risiko-assessering 

In die praktyk kan risiko’s volgens twee kriteria beoordeel word: (i) die waarskynlikheid dat  dit sal voorkom; (ii) vlak van impak/gevolge. Elkeen kan geklassifiseer of beoordeel word en  die risiko gekwantifiseer word. Nadat elke risiko geklassifiseer is, moet die proses van risikovermindering toegepas word om te oorweeg hoe die risikovlak tot ‘n aanvaarbare vlak  verlaag kan word. Die risikoverminderingsproses hoef slegs toegepas te word op risiko’s wat  as “hoog” geklassifiseer word om dit tot “medium” of “laag” te verminder. 

Waarskynlikheid 

Telling Die waarskynlik dat risiko kan voorkom 

1 Skaars: sal waarskynlik nie gebeur nie, of slegs in uitsonderlike omstandighede 2Onwaarskynlik: daar word nie verwag dat dit sal gebeur nie, maar daar is ‘n  moontlikheid dat dit sal voorkom 

3 Moontlik: kan in sommige gevalle voorkom, maar nie gereeld nie 4 Waarskynlik: sal waarskynlik voorkom of meer as een keer voorkom 5 Seker: dit sal waarskynlik in die meeste gevalle voorkom 

Impak 

TellingVlak van impakMoontlike gevolge indien risiko voorkom
1Onbelangrik∙ Geen impak op funksionering 
∙ Geen impak op reputasie 
∙ Klagte onwaarskynlik 
∙ Litigasie-risiko gering
2Gering∙ Geringe impak op funksionering 
∙ Geringe impak op reputasie 
∙ Klagte moontlik 
∙ Litigasie moontlik
3Matig∙ Geringe funksionele ontwrigting 
∙ Potensiaal vir nadelige publisiteit – kan deur versigtige  hantering vermy word 
∙ Klagte waarskynlik 
∙ Litigasie waarskynlik
4Beduidend∙ Funksionele ontwrigting 
∙ Nadelige publisiteit kan nie vermy word nie (plaaslike  media) 
∙ Klagte waarskynlik 
∙ Litigasie waarskynlik
5Omvangryk∙ Funksionele ontwrigting vir ‘n beduidende tyd 
∙ Omvangryke nadelige publisiteit kan nie vermy word nie  (nasionale media)  
∙ Omvangryke litigasie word verwag 
∙ Bedanking van senior bestuur en Direksie  
∙ Wye verlies aan vertroue van belanghebbendes

‘n Eenvoudige risikotelling sal die waarskynlikheid met die impak vermenigvuldig. Dit is  meer ingewikkeld is om groter belang aan impak toe te ken as aan waarskynlikheid.

Risikoverlaging 

Telling Beheermaatreël-doeltreffendheid 

1 Baie goed: Beheermaatreëls en bestuur behoorlik ontwerp en  geïmplementeer 

2 Goed: Beheermaatreëls geïmplementeer met ruimte vir verbetering 3 Bevredigend: Sleutel beheermaatreëls geïmplementeer met effense ruimte vir  verbetering 

4 Swak: Beperkte beheermaatreëls in plek, hoë vlak van risiko 5 Onbevredigend: Beheermaatreëls bestaan nie 

Risikoranglys Vlak Aksievlak 

1– 10 Lae risiko Aanvaar risiko. Om op die aktiwiteitsvlak bestuur te word. 

11–20Medium  risiko 

Bestuursaksie wat benodig word om risikovlak tot laag te  verlaag 

21–25 Hoë risiko Beduidende risiko. Direksie-aksie/-bewusmaking benodig

Kommunikasie van hierdie drie vlakke kan personeel help om te besluit wanneer dit wat  hulle in gedagte het, met die bestuur of deur die direksie bespreek moet word. 

Praktiese toepassing 

Om ‘n risikobeleid te hê, beteken nie om kreatiwiteit te bekamp nie, maar om skade aan die  reputasie en werk van die GGBR te voorkom. 

Al die geïdentifiseerde risiko’s en hul rangorde moet in ‘n risikoregister aangeteken word,  wat ‘n eenvoudige lys is van elke risiko, die rangorde daarvan en watter beheermaatreëls in  plek is om die impak van die risiko te verminder. Hierdie register moet op ‘n jaarlikse  grondslag geoudit word. 

Ten beste kan hierdie benadering personeelbewustheid verhoog en help om hul oordeel in ingeligte risikoneming om te skakel. 

Die beleid moet aan alle personeel bekend gemaak word en bygewerk word namate ervaring  opgedoen word.